Harrismith plaas

Om die eiendom te bereik, neem die Warden (N3) pad vanaf Harrismith en ry vir 5 km om die eiendom op regterkant te bereik.

GPS Koördinate:  -28.222990,29.112710 

VASTE EIENDOM:

Gedeelte 42 van die plaas Dorps Gronden van Harrismith No 131, Harrismith Registrasie afdeling, Vrystaat Provinsie. Groot:  96,9472 Ha.

LIGGING: Die eiendom is geleë ongeveer 5 km vanaf Harrismith.

VERBETERINGS: ‘n Netjiese 500 m²  woonhuis met baksteen mure met ‘n Harvey teel dak met 5 slaapkamers, 3 badkamers, ingangsportaal, kombuis, opwas, spens,  3 woonkamers (waarvan een ‘n braai area het),eetkamer, familiekamer, studeerkamer en 3 motorhuise. ‘n 190 m² stoor van staal konstruksie en staalbekleding met ‘n staal dak. Daar is ook ‘n kraal en veehanteeringsgeriewe.

Die 3 ha om die huis in omhein met elektriese omheining en ‘n hek. Die tuin om die huis is goed versorg en in ‘n goeie kondisie.

Eskom elektrisiteit op die eiendom.  

INDELING EN WATER VOORSIENING:  Die plaas is verdeel in 5 kampe waarvan 67 ha droëland is (Avalon/Clovelly) in 3 kampe. Die restant is natuurlike weiding met ‘n drakrag van 3,5 HA/GVE. Daar is ‘n boorgat op die plaas wat toegerus is met ‘n dompelpomp, 1 resevoir en al die kampe word voorsien met water deur middel van krippe. Daar is ook ‘n grond dam.

NOTA: GERIEFLIKE TOEGANG VANAF DIE N3 SNELWEG MET GOEIE KOMERSIëLE/INDUSTRIëLE POTENTIAAL (bv. VRAGMOTOR STOP ens.)

BESIGTIGING: Per afspraak