Veiling begin: 11:00
Waar: Landdroshof, Theunissen
Besonderhede:
In opdrag van die Balju, in die aangeleentheid van FIRST NATIONAL BANK / CJ FOURIE, sal ons per geregtelike openbare veiling te die Landdroshof, Theunissen, die onderstaande eiendom te koop aanbied.
GPS-koördinate: -28.35280, 26.46370.
VASTE EIENDOM:
Die plaas Tochgekregen Nr 66, geleë in die Theunissen RD munisipale afdeling, Vrystaat provinsie. Groot: 283,1552 ha en gehou kragtens transportakte T34777/2003.
LIGGING: Neem vanaf Theunissen die R708 na Bultfontein vir ongeveer 27 km, draai regs op die S480 en ry ‘n verdere 2 km op hierdie grondpad tot by die plaas aan beide kante van die pad.
VERBETERINGS: Geen.
INDELING: Die eiendom is ingedeel in 170 ha medium / hoë potensiaal lande (Avalon/Clovelly), 45 ha medium potensiaal lande en die restant is natuurlike weiding met ‘n drakrag van 6 ha/GVE. Daar is 3 boorgate met windpompe wat water vir veesuiping voorsien op die eiendom en daar is geen Eskom krag nie.
BESIGTIGING: Per afspraak.
Veiling Items:
Geen items is nog gelaai nie
Registrasie Besonderhede:
REGISTRASIE VEREISTES: R10 000.00 TERUGBETAALBARE DEPOSITO. VOLDOENING AAN FICA VEREISTES OM ‘N KOPER NOMMER TE BEKOM.
Voorwaardes en Vereistes:
VOORWAARDES: VASTE EIENDOM : ‘n DEPOSITO van 10% van die koopprys, PLUS KOPERSKOMMISSIE (sien koopvoorwaardes op webtuiste, klousule 4.8) PLUS BTW is betaalbaar op die dag van die veiling. Jammer, geen kaartgeriewe. Vir die balans moet die koper ‘n bankwaarborg verskaf binne 15 dae na datum van bevestiging. ALLE FINANSIERING MOET VOORAF GEREëL WEES. Veilingsreëls op www.htaa.co.za.
Kontak Besonderhede:
NAVRAE SKAKEL: Kantoor ure: 053 – 574 0002
DEWALD: 072 576 9828
EDDIE: 073 326 7777
JAN: 082 555 9084