Insolvente Boedel Veiling van Hopetown Plase en Beeste OP 17-10-2024

Veiling begin: 11:00

Waar: Plaas Kalkdam

 

Besonderhede:

https://drive.google.com/file/d/1ijo8FhtkttyNMKMGze91rQyUbD9YYZPc/view?invite=CLeZ5r0D&ts=66f1cdd4

Behoorlik daartoe gelas deur die Likwidateur in die insolvente boedel van

KALKDAM BOERDERY (EDMS) BPK (in likwidasie) en KBK FAMILIE TRUST, sal ons, die onderstaande plase te koop aanbied per openbare veiling te die plaas Kalkdam, distrik Hopetown.

Om die plaas te Hopetown te bereik, neem die Prieska pad R 369 verby die skougronde vir 29,2 km en draai regs op die AP 3110. Ry ‘n verdere 19,2 km en draai weer regs. Ry dan op hierdie pad vir 300m

en draai regs in na eiendom. Ry 1,5km tot by opstal.    GPS Ko-ordinate: -29.547037, 23.662472

 

VASTE EIENDOMME

1. Gedeelte 1 van die plaas Heuningbosput Nr 245, Thembelihle Munisipaliteit, Hopetown distrik,  

    Noordkaap Provinsie. Groot: 2 411,1081 ha en gehou kragtens Transportakte Nr T705/2018.

2. Gedeelte 2 van die plaas Kalkdam Nr 71, Thembelihle Munisipaliteit, Hopetown distrik,

    Noordkaap Provinsie. Groot: 241,9410 ha en gehou kragtens Transportakte Nr T1621/2019.

3. Restant van die plaas Kalkdam Nr 71, Thembelihle Munisipaliteit, Hopetown distrik,

    Noordkaap Provinsie. Groot: 1 497,7400 ha en gehou kragtens Transportakte Nr T1621/2019.

LIGGING:  Geleë 49 km vanaf Hopetown. Al 3 hierdie eiendomme is aangrensend en word as ‘n

eenheid aangebied.

VERBETERINGS: 5 Slaapkamer woonhuis van 320 m² met 2 badkamers, kombuis, sitkamer, eetkamer, studeerkamer en spens. Daar is ook 3 buite geboue wat as stoorplek aangewend word, ‘n stoor van

480 m² en vee hanteringsgeriewe. Verder is daar ook 3 werkershuise en ‘n Eskom elektriese punt.

INDELING & WATER VOORSIENING:  Plaas is ingedeel in 18 kampe met natuurlike veldweiding

en daar is 7 gronddamme, 2 sinkdamme, 2 sementdamme, 3 werkende windpompe en son pomp.  Weidingskapasiteit is 22 HA/GVE.

BEESTE:  2 x Bulle, 62 x Koeie en 4 kalwers, 18 x kalwers (verskillende groottes).

Fica vereistes

Veiling Items:

VASTE EIENDOM
VASTE EIENDOM
VASTE EIENDOM
VASTE EIENDOM
VASTE EIENDOM
VASTE EIENDOM
VASTE EIENDOM
VASTE EIENDOM
VASTE EIENDOM
BEESTE
BEESTE
BEESTE
BEESTE
BEESTE
BEESTE
BEESTE
BEESTE

Registrasie Besonderhede:

R10 000.00 TERUGBETAALBARE DEPOSITO; 

Voorwaardes en Vereistes:

VASTE EIENDOM : 10% DEPOSITO van koopsom is betaalbaar by toeslaan van bod. 6 % KOPERSKOMMISSIE plus BTW daarop betaalbaar. Vir die balans moet KOPER ‘n goedgekeurde Bankwaarborg verskaf binne 30 dae na datum van bekragtiging.

10 % Koperskommissie plus BTW betaalbaar op beeste.

Kontak Besonderhede:

NAVRAE KANTOOR:  053 – 574 0002

EDDIE 073 326 7777     DEWALD 072 576 9828