Veiling begin: 11:00
Waar: Du Toitspanweg 80
Besonderhede:
In opdrag van die Direkteure van LOMINA 17 (EDMS) BPK, sal ons per openbare veiling, te Du Toitspanstraat 80, Kimberley, die onderstaande eiendom of alternatiewelik die aandeelhouding en leningsrekeninge in die maatskappy te koop aanbied.
VASTE EIENDOM
Erf 42739, geleë in die Sol Plaatjie Munisipaliteit, distrik Kimberley, provinsie Noord Kaap.
Groot: 2 121 m².
LIGGING: Die eiendom is geleë te Du Toitspanstraat 78-82, Kimberley.
VERBETERINGS EN INDELING: 1 527 m² Verhuurbare oppervlakte soos volg: toegang vanaf Du Toitspanstraat word verkry via 'n voorportaal met ontvangs/wagarea, verskeie graad B-kantore, raadsale, administrasie- en ondersteuningspersoneel kantore, drukkers area, kluis en rekordkamer. Daar is voldoende mans en dames toilette, kombuisareas en stoorkamers in die gebou.
Finbond Groep Beperk huur tans 160 m² wat bestaan uit wagarea, tellerarea, kantoorspasie, kombuis en toilet.
Daar is ook ander verhuurbare areas met hul eie ingange vanaf die straat naamlik: 'n 50 m² kantoorruimte, 180 m² winkelarea wat as restaurant/wegneem etes gebruik was, kombuis en toiletgeriewe en ‘n verdere 63 m² wat deur 'n dokter as spreekkamer gebruik/kantoor spasie.
Aan die agterkant van die gebou is daar veilige parkeerruimte met afdakke vir 13 motorvoertuie. Hierdie area is voorsien van ‘n gemotoriseerde hek.
Die gebou het steen buite mure met staal en aluminium vensters, teël en mat vloerbedekking, hang plafonne en lugversorgers. Sommige binnemure is gepleisterde steen mure en ander is gipsbord.
Op hierdie eiendom is ook ‘n kragopwekker vir bystand elektrisiteit gedurende beurtkrag en ander onderbrekings.
AFSLAER’S NOTA:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid om ‘n goeie belegging te maak in die sentrale besigheidsgebied van Kimberley met ‘n baie goeie rendement op kapitale belegging. Vir enige ernstige belegger. Hierdie eenheid kan aangewend word vir kantoor ruimte en/of ander moontlikhede met ‘n potensiële verhuurbare inkomste van R130,000.00 bruto per maand.
Fica vereistes.
Veiling Items:
Registrasie Besonderhede:
R10 000.00 TERUGBETAALBARE DEPOSITO
Voorwaardes en Vereistes:
VASTE EIENDOM : 10% DEPOSITO van koopsom betaalbaar by toeslaan van bod. 4,5 % KOPERSKOMMISSIE plus BTW daarop betaalbaar vir die balans moet KOPER ‘n goedgekeurde Bankwaarborg verskaf binne 30 dae na datum van bekragtiging. ALLE FINANSIERING MOET VOORAF KLAAR GEREëL WEES.
Kontak Besonderhede:
NAVRAE SKAKEL: Kantoor ure: 053 – 574 0002
EDDIE: 073 326 7777 DEWALD: 072 576 9828