Veiling begin: 11:00
Waar: Voortrekkerstraat 52
Besonderhede:
Behoorlik daartoe gelas deur die Eienaar, sal ons die onderstaande besigheidsgebou te koop aanbied per openbare veiling te Voortrekkerstraat 52, Winburg.
VASTE EIENDOM:
Restant van Erf 383, Winburg, in die Munisipale gebied Masiloyana, Vrystaat Provinsie. Groot: 298 m² en gehou kragtens Transportakte T23822/2005.
LIGGING: Voortrekkerstraat 53, Winburg.
VERBETERINGS: Besigheidsgebou met siersteen en gepleisterde mure en sinkdak bestaande uit kantoor, verkoopslokaal, verwerkingslokaal, koelkamer, biltong kamer, stoorkamer, kamer, badkamer en kombuis area. Aan die agterkant van die gebou is daar ook ‘n braai area en buite is 2 toilette. Die linkerkantse gedeelte van die gebou, ‘n groot vertrek, kan ook apart verhuur word.
Daar is ‘n stoep aan die voorkant en parkeerarea. Daar is verder 2 lugversorgers en 2 windgordyne so wel as ‘n 5000 lt watertenk en drukpomp.
BESIGTIGING: Per afspraak.
Fica vereistes.
Veiling Items:
Registrasie Besonderhede:
R10 000 TERUGBETAALBARE DEPOSITO
Voorwaardes en Vereistes:
VASTE EIENDOM : 10% DEPOSITO van koopsom is betaalbaar by toeslaan van bod. 5 % KOPERSKOMMISSIE plus BTW daarop betaalbaar. Balans moet KOPER ‘n goedgekeurde Bankwaarborg verskaf binne 30 dae na datum van bekragtiging. ALLE FINANSIERING MOET VOORAF KLAAR GEREëL WEES.
Kontak Besonderhede:
NAVRAE SKAKEL: Kantoor ure: 053 – 574 0002
DEWALD: 072 576 9828 EDDIE: 073 326 7777