Veiling begin: 11:00
Waar: Plaas Poplierbosch
Besonderhede:
VEILING GEKANSELLEER
In opdrag van ‘n volmag, sal ons die volgende eiendomme te koop aanbied per openbare veiling op die plaas Poplierbosch, Ventersburg.
Om die eiendomme te bereik neem vanaf Ventersburg die R70 na Senekal en ry op hiedie pad vir (vanaf N1) 3 km en draai links na Steynsrus. Ry op hierdie grondpad vir 15 km en draai regs op die S 1007. Volg hierdie pad vir 4,2 km en draai links na opstal..
Om die eiendomme te bereik vanaf Senekal neem die R70 na Ventersburg en ry 41 km op hierdie pad en draai regs op grondpad. Volg hierdie pad vir 9,5 km en draai regs na opstal. GPS Koördinate: -28.084862, 27.326447
LIGGING: Plaas 1 is geleë 20 km oos van Ventersburg en plase 2 tot 4 is 22 km oos van Ventersburg. Die plase is aangrensend tot mekaar.
1. Die plaas Gelyk Nr 561, Ventersburg RD, Vrystaat provinsie. Grootte: 525,2739 Ha.
2. Restant van die plaas Poplierbosch Nr 150, Ventersburg RD, Vrystaat provinsie. Grootte: 210,4112 Ha.
3. Die plaas Uitkyk Nr 197, Ventersburg RD, Vrystaat provinsie. Grootte: 210,4112 Ha.
4. Die plaas Moeders Deel Nr 600, Ventersburg RD, Vrystaat provinsie. Grootte: 262,9439 Ha.
LIGGING: Plase 5 tot 7 is geleë 18 km oos van Ventersburg en aangrensend tot mekaar. Hierdie eenheid is 4 km vanaf plase 1 tot 4.
5. Gedeelte 1 van die plaas Van Wyk’s Rust Nr 589, Ventersburg RD, Vrystaat provinsie. Grootte: 195,2893 Ha.
6. Restant van die plaas Van Wyk’s Rust Nr 589, Venterburg RD, Vrystaat provinsie. Grootte: 244,4998 Ha.
7. Gedeelte 2 van die plaas Ethan Nr 248, Ventersburg RD, Vrystaat provinsie. Grootte: 210,9418 Ha.
NOTA: Hierdie plase gaan afsonderlik en in kombinasies aangebied word. Aangesien hierdie plase as ‘n eenheid geboer word is daar moontlik gedeeltes waar die grense nie meer sigbaar is nie of miskien verskuif is om kampe te vorm met die aangrensende plaas se kampe. Die drakrag van hierdie plase is 6 HA/GVE.
BESIGTIGING: Op afspraak.
Fica vereistes.
Veiling Items:
Registrasie Besonderhede:
R10 000.00 TERUGBAALBARE DEPOSITO
Voorwaardes en Vereistes:
VERKOOPSVOORWAARDES: 10% Deposito van die koopsom is betaalbaar by toeslaan van bod PLUS 6% KOPERSKOMMISSIE betaalbaar plus BTW daarop. Jammer, geen kaartfasiliteite nie. Vir die balans moet die KOPER ‘n goedgekeurde Bankwaarborg verskaf binne 30 dae na datum van bekragtiging. ALLE FINANSIERING MOET VOORAF KLAAR GEREëL WEES.
Kontak Besonderhede:
NAVRAE: Kantoor ure: 053 – 574 0002
EDDIE: 073 326 7777 DEWALD: 072 576 9828